WAT IS SEKWESTRASIE IN SUID AFRIKA

Sekwestrasie, ook bekend as insolvensie en bankrotskap is ‘n hooggeregs hof aansoek waar jy jouself insolvent verklaar.  Die sekwestrasie aansoek kan op verskillende manière gebring word waarvan een manier vrywilllige sekwestrasie is.

Hoe sal ek weet of ek kwalifiseer om aansoek te doen om bankrotskap?

Wanneer jou laste meer as jou bates is, kwalifiseer jy vir sekwestrasie.  In terme van die Insolvensie Wet, Wet 24 van 1936 is jy insolvent indien jou laste jou bates oorskry.  Met ander woorde, indien jou skuld meer is as bates, dan kwalifiseer jy om die hof te nader om ‘n bankrotskap aansoek.

Hoe kan ek bankrotskap verklaar sonder om te betaal vir die aansoek?

Ongelukkig is dit so dat die aansoek ‘n Hooggeregs Hof aansoek is en dit in jou best belang gaan wees indien jy ‘n Insolvensie praktisyn aanstel om die aansoek te bring in hof. 

Daar is sekere vereistes wat voor geskryf word in die insolvensie wet met voorgeskrewe tydlyne wat gevolg moet word.  Indien jy nie die proses volg soos voor geskry in die Insolvensie wet se reëls en regulasies nie, is die kanse op sukses bitter skraal.

Dus, alhoewel dit waar is dat jy nie nodig het om ‘n Insolvensie Praktisyn aan te stel nie en jouself kan verteenwoordig in die hof met die aansoek, indien die korrekte prosedure en tydlyne nie gevolg word nie, is daar geen kans op sukses nie.

Hoe maak dit sin dat ek moet betaal om myself bankrot te verklaar?

Ongelukkig is daar sekere kostes wat aan gegaan moet word om die aansoek te bring en die Insolvensie Praktisyns kan dit ongelukkig nie dra nie.  Dus is daar ‘n koste verbonde aan enige insolvensie aansoek.  By Insolvency Care, kan die kostes af betaal word in bekostigbare paaiemente.

Word al die skuld dan af geskryf wanneer ek myself bankrot verklaar?

Nee, maar tot soveel soos 90% va die skuld word af gekryf.  By Insolvency Care, betaal jy net ons kostes en spaar die bedrag wat nodig is om te betaal na die krediteure.  Sodra die kurator aan gestel word kan jy dit dan net in die Insolvente Boedel Rekening betaal, sodra die kurator die rekening oop gemaak het.

Vir hoe lank moet ek Insolvent wees voor ek kan Rehabiliteer na Sekwestrasie?

Rehabilitasie is ook ‘n Hooggeregs Hof aansoek, die kostes is aansienlik minder as Sekwestrasie aansoek.  Daar is wel voorgeskrewe reëls en regulasies voor daar aansoek gedoen kan word vir Rehabilitasie na Sekwestrasie. 

Wat is die minimum tydperk na sekwetrasie wat ek kan aansoek doen vir Rehabilitasie?

Die tydperk kan so min soos 6 maande na sekwestrasie tot soveel soos 10 jaar na sekwestrasie wanneer automatiese rehabilitasie intree.  Insolvency Care doen gewoonlik ‘n evaluasie om vas te stel of ‘n kliënt kwalifiseer vir Rehabilitasie na sekwestrasie en sal dan adviseer wat die kostes en proses behels en wanneer die insolvent kwalifiseer vir rehabilitasie na sekwestrasie.  Dus in kort, hang dit van insolvente boedel tot insolvente boedel af.

Ek benodig meer inligting oor die insolvensie proses:

U kan Insolvency Care kontak vir meer inligting deur een van ons kontak vorms te voltooi op ons webtuiste.  Een van ons Insolvensie Wet Spesialiste sal u skakel en met u konsulteer, gratis.  

GRATIS……!

‘n Verpligtingvrye assessering om te sien of jy kwalifiseer en ‘n gratis konsultasie wat die proses in detail verduidelik …

As jy na ‘n verpligtingvrye assessering besef dit is nie vir jou nie. As ‘n bykomende bonus sal ons Insolvensie-kundiges ook insigte bied in alternatiewe oplossings vir skuldverligting, insluitend skuldhersiening , aangesien hulle ‘n deeglike begrip van die proses het.

Wat as ek nie vir Insolvensie kwalifiseer nie?

As jy nie vir insolvensie kwalifiseer nie, het ons uitstekende skuldberaders wat gereed is om jou deur hierdie proses te help. Ons is hier om jou te help.

Kry waardevolle leiding van ons insolvensie prokureurs oor hoe om aansoek te doen vir bankrotskap en verstaan ​​die impak van sekwestrasie op jou finansiële situasie.

Kry ‘n gratis assessering en gratis konsultasie van een van ons Insolvensiewetkundiges en vind uit of jy kwalifiseer vir hierdie remedie soos voorsien in die Insolvensiewet van Suid-Afrika.

Vrywaring: Die artikel is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit dien nie as regsadvies nie, en is ook nie so bedoel nie. Praat asseblief met ons prokureurs voordat u slegs op die inligting hierin staatmaak om enige besluite te neem.