WHAT IS INSOLVENSIE? | SEKWESTRASIE | HOW TO RAAK ONTSLAE VAN SKULD?

WHAT IS INSOLVENSIE? | HOE WERK SEKWESTRASIE | HOW TO RAAK ONTSLAE VAN SKULD

‘What is Insolvensie’ is ‘n baie algemene vraag by mense wat finansieël swaar kry.  Mense wat finansiële probleme ervaar omdat daar te veel skuld is wil graag weet wat bankrotskap behels en of dit ‘n moontlike oplossing vir hulle finansiële situasie is.

What is Insolvensie en kan mens jouself bankrot verklaar?

Insolvensie, bankrotskap en selfs sekwestrasie is almal een en dieselfde proses.  Dit is verskillende terminologie, maar beteken in effek dat jy bankrot verklaar word.   Hetsy of dit ‘n vrywillige aansoek om sekwestrasie of ‘n verpligte of sogenaamde geforseerde sekwestrasie is.  

Die Insolvensie Wet

Die insolvensie wet is in 1936 geïmplimenteer en daar is nie vreeslike aanpassings aan die wet gemaak gedurende die laaste byna 100 jaar nie.  Dus het die kurators en die meester maar met die tyd saam beweeg en aanpassings gemaak in praktyk, met die oog op een doel voor oë, dit moet tot voordeel van die krediteure wees. 

Insolvensie moet tot voordeel van die krediteure wees

Indien ‘n persoon insolvent verklaar word moet dit tot voordeel van die krediteure wees. Dus wanneer ‘n sekwestrasie aansoek gerig word aan die hooggeregshof van Suid Afrika moet dit voldoen aan die reëls en regulasies soos uit een gesit in die Insolvensie wet, Wet 24 van 1936.

What is Insolvensie en hoe werk dit?

Soos ons reeds bo uit gewys het moet die applikant(e) voldoen aan die reëls en regulasies soos gestipuleer in die insolvensie wet. 

Dus wanneer aansoek gedoen word om Insolvensie moet die applikant(e) aan die hof kan bewys dat indien die aansoek goed gekeur word dit tot voordeel van die krediteure sal wees. 

Hoe kan ‘n individu kwalifiseer vir ‘n Insolvensie Aansoek?

Die vinnige antwoord is dat indien die laste die bates oorskry, dan sal enige persoon kwalifiseer vir ‘n sekwestrasie aansoek.  Dit kan in kort wees dat jy meer skuld het as bates, met ander woorde, indien al jou bates verkoop moet word, dit steeds nie voldoende sal wees om die skuld te delg nie.

Verskillende maniere om aansoek te doen om bankrotskap

What is Vrywillige Insolvensie?

Wanneer ‘n persoon hom- of haarself wil bankrot verklaar moet hulle die volgende aan die hof kan bewys:

  1. Laste moet die bates oorskry.
  2. Die aansoek sal tot voordeel van die krediteure wees.
  3. Daar genoegsame bates is, hetsy losbates / vaste bates / kontant is om seker te maak dat die krediteure een of ander vorm van kompensasie kan ontvang indien die aansoek suksesvol is.

What is Geforseerde Insolvensie?

Dit is gewoonlik wanneer ‘n krediteure of ‘n persoon vir wie jy geld skuld die hof nader om jou insolvent te verklaar.  Al wat die applikant moet bewys is dat jy ‘n daad van insolvensie gepleeg het.

Ander benamings vir ‘n geforseerde / gedwonde insolvensie is:

Friendly / Unfriendly / Compulsory en Forced Sekwestrasie aansoek.   Elke een van die termes het dieselfde betekenis, naamlik, die Applikant in die aansoek is nie dieselfde as die persoon wat gesekwestreer word nie.

What is ‘n ‘Daad van Insolvensie’?

‘n Daad van Insolvensie is wanneer ‘n persoon:

Ses (6) maniere hoe ‘n ‘Daad van Insolvensie’ gepleeg word:

  1. Gevlug het van sy verantwoordelikhede en nie sy rekeninge betaal het nie, bevoorbeeld die land verlaat het, sonder om sy krediteure in kennis te stel.
  2. Indien ‘n individu(e) begin het met die sekwestrasie proses en kennis gegee het aan die krediteure en nie voort gegaan het met die proses nie.
  3. Wanneer die individu(e) vir die krediteur of persson wie hy/sy geld skuld gesê het hy het nie geld om hom/haar te betaal nie.
  4. Wanneer ‘n hof bevel uit gereik is vir skuld invordering doeleindes en die individu(e) kom dit nie na nie. 
  5. Wanneer ‘n ‘nulla bona’ relaas deur die balju uit gereik is, wat beteken dat daar geen losbates is wat verwyder kan word nie.
  6. Sodra ‘n individu(e) van hulle bates vervreem en nie hulle skulde delg nie.

What is die Voordele van Insolvensie?

Die voordele van Insolvensie is aansienlik meer as die nadele.

  1. Die skuld word af geskryf.
  2. Dis nie meer nodig om die skuld te betaal maandeliks nie.  Wanneer daar met die proses begin word, word alle betalings na krediteure onmiddelik gestop.
  3. Jy het nie nodig om jou losbates (meubels, voertuie, karavane en sleepwaens, ens. wat klaar betaal is) te verloor nie.  Skakel gerus Insolvency Care en een van ons konsultante sal vir u mooi verduidelik hoe om u losbates te behou in so aansoek.
  4. Enige individu(e) wat insolvent is kan binne so gou soos ses (6) maande van datum van sekwestrasie weer rehabiliteer en sy krediet naam herstel. Neem kennis dat die tydperk die minste moontlike tydperk is soos voor geskryf in die Insolvensie Wet, maar dat dit sal afhang van wat in die insolvente boedel plaas gevind het gedurende die tydperk.

Nadele van Insolvensie – What is it?

  1. Jou krediet naam word gelys as insolvent op jou krediet profiel.
  2. Jy mag nie skuld maak gedurende die tydperk wat jy insolvent is nie.

Wat het jy om te verloor?  As ek die ding so kyk – is dit net jou skuld.  Al wat jy gaan verloor in die hele proses is net jou skuld.

Indien u enige verdere vrae het oor what is Insolvensie is u welkom om enige van ons bekwame span konsultante te skakel wat dan op hulle beur vir die prosesse in Afrikaans of Engels sal kan verduidelik op ‘n wyse wat dit vir u sin maak, sonder enige ingewikkelde regsterminologie. 

Disclaimer: The article is for informative purposes only. It does not serve as legal advice, nor is it intended as such. Please speak to our attorneys before relying solely on the information herein to make any decisions.